Back

ⓘ Charlton Heston




Charlton Heston
                                     

ⓘ Charlton Heston

Charlton Heston was ’n Amerikaanse akteur van rolprente, TV en die teater en ’n politieke aktivis.

As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments 1956; Ben-Hur 1959, waarvoor hy ’n Oscar gekry het; El Cid 1961 en Planet of the Apes 1968. Hy het ook in onder meer The Greatest Show on Earth 1952 en Touch of Evil 1958 gespeel. Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwa-tweegeveg in Ben-Hur. Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; Hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – hy was nou by die politiek betrokke.

Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.

                                     

1. Vroee jare

Heston is as John Charles Carter gebore en was die seun van Russell Whitford Carter, ’n saagmeulbediener, en sy vrou, Lilla gebore Charlton. Volgens die meeste bronne is hy in Evanston, Illinois, gebore. In Heston se outobiografie en ander bronne word egter genoem hy is in No Mans Land, Illinois, gebore – dit is nou ’n welgestelde voorstad van Chicago.

Heston was van Engelse en deels van Skotse afkoms. Hy was 10 jaar oud toe sy ouers geskei is. Sy ma is kort daarna met Chester Heston getroud. Heston sy nuwe van het daarna in ’n ryk buurt van Chicago skoolgegaan.

Sy verhoognaam kom van sy ma se nooiensvan en stiefpa se van. Sy vriende het hom "Chuck" genoem.

                                     

2. Loopbaan

Heston was op hoerskool deel van ’n dramaprogram en het ’n universiteitsbeurs vir drama gewen. Hy het in 1944 by die Amerikaanse lugmag aangesluit en is in dieselfde jaar met ’n student, Lydia Clarke, getroud. Ná die oorlog het Heston en Clarke in New York gebly en as modelle vir kunstenaars gewerk. As ’n manier om by toneelspel betrokke te raak, het hulle in 1947 besluit om ’n teater te bestuur in Asheville, Noord-Carolina.

In 1948 het hulle na New York teruggekeer waar Heston ’n byrol aangebied is in Shakespeare se Antony and Cleopatra op Broadway. Hy het ook ’n paar rolle op TV gekry. Die rolprentvervaardiger Hal B. Wallis het hom in 1950 in ’n TV-produksie van Wuthering Heights gesien en hom ’n kontrak aangebied.

                                     

2.1. Loopbaan Hollywood

Heston se eerste professionele verskyning in ’n rolprent was in Dark City, ’n film noir van 1950. Sy deurbraak was in Cecil B. DeMille se The Greatest Show on Earth, wat as die beste prent van 1952 aangewys is. In 1956 het Heston ’n ikoon geword vir sy uitbeelding van Moses in die uiters suksesvolle prent The Ten Commandments 1956. Die vorige jaar het hy saam met Jane Wyman in Lucy Gallant gespeel en in 1958 het hy die rol vertolk van ’n Meksikaanse polisie-offisier, Ramon Miguel Vargas, in Orson Welles se hoog aangeskrewe film noir Touch of Evil.

Nadat Marlon Brando, Burt Lancaster en Rock Hudson die titelrol in Ben-Hur 1959 van die hand gewys het, het Heston die rol aanvaar en die Oscar vir beste akteur gewen – een van die destyds ongeewenaarde 11 Oscars wat die prent ingepalm het.

Heston het hierna die hoorolle gespeel in verskeie fiktiewe en histoirese epiese prente: El Cid 1961, 55 Days at Peking 1963, as Michelangelo in The Agony and the Ecstasy 1965 en Khartoum 1966. Hy het ook in die western Will Penny 1968 gespeel.

In 1968 het Heston in Planet of the Apes gespeel en in 1970 het hy ’n kleiner byrol gehad in die opvolg, Beneath the Planet of the Apes. Hy het ook in 1970 Markus Antonius gespeel in Shakespeare se Julius Caesar. Die volgende jaar was hy in die wetenskapsfiksieprent The Omega Man te sien.

Heston het sy debuut as regisseur in 1972 gemaak en ook Markus Antonius gespeel in Antony and Cleopatra. Hildegarde Neil was Cleopatra. Nadat dit vlymende resensies ontvang het, is die prent nooit uitgereik vir rolprentteaters nie. Dit is ook selde op TV gesien. Dit is eers in Maart 2011 op DVD uitgereik. Daarna het meer geslaagde prente gevolg, soos Soylent Green 1973 en Earthquake 1974.

Van 1973 af is Heston meer dikwels in byrolle en die teater gesien. Hy het saam met sy seun Fraser verskeie TV-prente gemaak, onder meer Treasure Island 1990 en A Man For All Seasons. In 1992 het hy in ’n kort reeks videos verskyn, Charlton Heston Presents the Bible, waarin hy stukke uit die Bybel voorlees. Dit het groot sukses op video en DVD behaal.

Hy het daarna in verskeie rolprente en TV-programme opgetree. Sy laaste filmrol was in 2003 as die berugte Nazi-dokter Josef Mengele in My Father, Rua Alguem 5555.



                                     

3. Latere lewe en dood

In 1996 het Heston ’n heupvervanging ondergaan en in 1998 is prostaatkanker by hom gediagnoseer. Die kanker was ná ’n paar bestralingsessies in remissie. In 2000 het hy bekend gemaak dat hy in dié jaar vir alkoholisme behandel is in ’n kliniek in Utah.

Op 9 Augustus 2002 het hy aangekondig dat hy gediagnoseer is met simptome wat ooreenstem met Alzheimer se siekte. In Julie 2003 het hy die Presidensiele Vryheidsmedalje van pres. George W. Bush ontvang. In Maart 2005 het verskeie koerante berig dat sy toestand vinnig agteruitgaan.

Heston is op 5 April 2008 by sy huis in Kalifornie oorlede met sy vrou van 64 jaar, Lydia, aan sy sy. Die familie het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie.

                                     

4. Bibliografie

Deur Heston:

  • In the Arena: An Autobiography 1997 ISBN 1-57297-267-X
  • Beijing Diary ISBN 0-671-68706-9
  • To Be a Man: Letters to My Grandson ISBN 0-7432-1311-4
  • The Courage to be Free 2000, speeches ISBN 978-0-9703688-0-5
  • Charlton Heston Presents the Bible ISBN 1-57719-270-2
  • The Actors Life: Journals 1956–1976 1978 ISBN 0-671-83016-3)
  • Charlton Hestons Hollywood: 50 Years in American Film saam met Jean-Pierre Isbouts ISBN 1-57719-357-1
                                     

5. Verdere leesstof

  • Rovin, Jeff. The Films of Charlton Heston 1980
  • Bernier, Michelle Bernier. Charlton Heston: An Incredible Life 2de uitg. 2009
                                     

6. Eksterne skakels

  • From Our Files: An Interview with Charlton Heston deur Phil Elderkin, The Christian Science Monitor, 4 November 1959
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  • Hollywood.com Heston
  • Huldeblyk
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Charlton Heston.
  • Reel Classics
  • BBC