Back

ⓘ William Holden




William Holden
                                     

ⓘ William Holden

William Holden was ’n Amerikaanse akteur. Hy was een van die rolprentteaters se grootste trekpleisters en word beskou as een van die gewildste en bekendste akteurs van alle tye. Hy het in 1953 die Oscar vir beste akteur gewen vir sy rol in Stalag 17, en ’n Primetime Emmy vir die 1973-TV-prent The Blue Knight.

Holden het in van die grootste rolprenttreffers van alle tye gespeel, soos Sunset Boulevard, The Bridge on the River Kwai, The Wild Bunch, The Towering Inferno en Network. Hy is ses keer gekies as een van die top-10 sterre van die jaar 1954–1958, 1961 en was no. 25 op die American Film Institute se lys van top-100 sterre.

                                     

1. Vroee lewe

Holden is as William Franklin Beedle Jr. gebore in OFallon, Illinois, as die seun van William Franklin Beedle Sr., ’n bedryfskeikundige, en Mary Blanche Ball, ’n onderwyseres. Hy het twee jonger broers, Robert en Richard, gehad.

Sy gesin het na South Pasadena in Kalifornie getrek toe hy drie jaar oud was. Ná sy skoolopleiding aan die Hoerskool South Pasadena is hy na die Junior Kollege Pasadena, waar hy by plaaslike radiospele betrokke geraak het. Hy is in 1937 in ’n skoolopvoering deur Paramount Pictures raakgesien in die rol van ’n 80-jarige man, Marie Curie se skoonpa. Sy eerste rolprent was Prison Farm die volgende jaar.

                                     

2.1. Loopbaan Sukses

Holden se eerste groot rol was in Golden Boy 1939, as ’n vioolspeler wat ’n bokser word. Dit is gevolg deur die rol van George Gibbs in die rolprentweergawe van Our Town.

Nadat Columbia Pictures die helfte van sy kontrak oorgeneem het, het hy in ’n paar klein prente vir Paramount en Columbia gespeel voordat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n 2de luitenant in die lugmag geword het. Sy loopbaan het in 1950 ’n hupstoot gekry toe Billy Wilder hom gebruik in Sunset Boulevard, saam met Gloria Swanson, waarvoor hy die eerste keer benoem is vir ’n Oscar vir beste akteur.

Hierna het hy ’n paar rolle gespeel wat sy aantreklike voorkoms met siniese afsydighied gekombineer het, onder meer as ’n oorlogsgevangene-entrepreneur in Stalag 17 1953, waarvoor hy ’n Oscar gewen het, ’n jong ingenieur en gesinsman onder druk in Executive Suite 1954, ’n bitter verhoogregisseur in The Country Girl 1954, ’n sorgelose plesiersoeker in Sabrina 1954 en ’n oorlogskorrespondent in Love Is a Many-Splendored Thing 1955. Sy bekendste rol was dié van ’n gevangene met slegte geluk in The Bridge on the River Kwai 1957. In The Horse Soldiers 1959 het hy saam met John Wayne gespeel.

Hy het ook ’n paar vroliker rolle gespeel in The Moon Is Blue 1953, Born Yesterday 1950 en Forever Female 1953. Hy het Humphrey Bogart se jonger broer gespeel in Sabrina 1954, waarin ook Audrey Hepburn was. In 1954 was hy op die voorblad van die tydskrif Life.

Sy loopbaan het in 1957 ’n hoogtepunt bereik met die enorme sukses van The Bridge on the River Kwai, maar hy het in die volgende paar jaar in ’n paar prente gespeel wat nie ’n groot sukses was nie. Teen die middel 1960s het die gehalte van sy rolle en prente aansienlik afgeneem.

                                     

2.2. Loopbaan Latere loopbaan

In 1969 het Holden ’n terugkeer gemaak in die regisseur Sam Peckinpah se gewelddadige en hoog aangeskrewe western The Wild Bunch. In dieselfde jaar het hy ook in die regisseur Terence Young se gesinsprent LArbre de Noel gespeel saam met die Italiaanse aktrise Virna Lisi. Die prent is aanvanklik in Amerikaanse teaters uitgereik as The Christmas Tree en op video as When Wolves Cry.

Vyf jaar later het hy saam met Paul Newman en Steve McQueen gespeel in die rampfliek The Towering Inferno, wat ’n groot treffer was een van Holden se rolprente wat die meeste geld gemaak het. Hy is ook geprys vir sy rol in Sidney Lumet se klassieke Network 1976, waarvoor hy ’n Oscar-benoeming gekry het.

In 1974 het hy ’n Emmy gewen vir sy uitbeelding van ’n siniese, rowwe veteraanpolisieman in die TV-prent The Blue Knight. In 1980 het hy saam met die gewilde kinderakteur Ricky Schroder verskyn in The Earthling. Sy laaste prent, Blake Edwards se S.O.B., is vir ’n Golden Globe benoem as beste prent.



                                     

3. Persoonlike lewe

Terwyl hy in 1966 in Italie was, het Holden ’n ander motorbestuurder se dood veroorsaak terwyl hy onder die invloed was. Hy het ’n opgeskorte vonnis van agt maande gekry vir manslag.

Hy was van 1941 tot 1971 met die aktrise Ardis Ankerson verhoognaam Brenda Marshall getroud. In hul huwelik was hulle baie van mekaar af weg. Hulle het twee seuns, Peter Westfield en Scott Porter, gehad. Hy het ook sy vrou se dogter uit ’n vorige huwelik, Virginia, aangeneem.

Hy was in 1952 die strooijonker by die troue van sy groot vriend Ronald Reagan en sy vrou Nancy Davis; hy het egter nooit by politiek betroke geraak nie.

Holden het die Franse aktrise Capucine in die vroee 1960s ontmoet en hulle het saam verskyn in The Lion 1962 en The 7th Dawn 1964. Hulle het ’n verhouding van twee jaar begin wat na bewering geeindig het weens Holden se alkoholisme. Hulle het egter vriende gebly tot met sy dood in 1981.

In 1972 het hy ’n verhouding met die aktrise Stefanie Powers begin en dit het haar belangstelling gewek in dierebeskerming. Sy het ná sy dood die William Holden Wildlife Foundation by Holden se Mount Kenya Game Ranch gestig.

                                     

3.1. Persoonlike lewe Dood

Volgens die Los Angeles-lykskouersverslag was Holden op 12 November 1981 alleen en besope in sy woonstel in Santa Monica toe hy gly, sy kop teen ’n bedtafeltjie stukkend stamp en doodbloei. Dit is onbekend of hy nie besef het hoe ernstig hy beseer is en of hy nie in staat was om hulp te ontbied nie. Sy liggaam is vier dae later gevind. Hy het in sy testament bepaal dat hy sonder ’n begrafnis- of gedenkdiens veras word en dat sy as in die Stille Oseaan gestrooi word.

In 2007 het sy stiefdogter, Virginia Holden Gaines, die boek Growing Up with William Holden: A Memoir geskryf waarin sy haar herinneringe aan haar lewe saam met Holden deel.

                                     

4. Verwysings

Bibliografie

  • Quirk, Lawrence J. The Films of William Holden. Sacramento, Kalifornie: Citadel Press, 1973. ISBN 978-0-8065-0375-2.
  • Strodder, Chris. Swingin Chicks Of the Sixties. San Rafael, Kalifornie: Cedco Publishing Company, 2000. ISBN 0-7683-2232-4.
  • Thomas, Bob. Golden Boy: The Untold Story of William Holden. New York: St. Martins Press, 1983. ISBN 978-0-312-33697-4.
  • Quirk, Lawrence J. The Complete Films of William Holden. Sacramento, Kalifornie: Citadel Press, 1986. ISBN 978-0-8065-0998-3.
  • Capua, Michelangelo. William Holden: A Biography. Jefferson, Noord- Carolina: McFarland Press, 2010. ISBN 978-0-7864-4440-3.
  • Gaines, Virginia Holden. Growing Up with William Holden: A Memoir. Newark, Notts, VK: Strategems, 2007. ISBN 978-0-9741304-5-3.
  • Phillips, Gene D. Some Like It Wilder: The Life and Controversial Films of Billy Wilder. Lexington, Kentucky: University Press of Kentucky, 2010. ISBN 0-8131-2570-7.


                                     

5. Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie William Holden.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  • William Holden Wildlife Foundation
  • William Holden in die Internet-rolprentdatabasis
  • Profiel Turner Classic Movies