Back

ⓘ Brooklyn, New York




Brooklyn, New York
                                     

ⓘ Brooklyn, New York

Brooklyn is een van die vyf stadsdele van New York in die Verenigde State van Amerika. Met meer as 2.5 miljoen mense het Brooklyn meer inwoners as enige van die ander stadsdele, hoewel dit die tweede grootste in terme van oppervlakte is. Brooklyn is op die westelike deel van Long Island gelee. Die East River skei dit van Manhattan. Brookyn se enigste landsgebonde grens is met Queens.

Brooklyn is n nywerheids- en hawegebied. Dit is bekend as ’n deel van die stad waar mense van baie verskillende rasse woon. Mense van Brooklyn het dikwels ’n sterk aksent wat maklik herkenbaar is.

                                     

1. Geskiedenis

Brooklyn is na n Nederlandse dorp, "Breukelen" genoem. Die eerste Europeers wat hier gewoon het was Nederlanders. Toe hulle daar aangekom het, was daar reeds inheemse Amerikaners, genaamd die Lenape. Die Nederlanders stig die stad in 1634 as n deel van die kolonie van die Nuwe Nederland.

Broolyn was n onafhanklike stad tot in 1898 toe die inwoners gestem het om by die groter New York aan te sluit. Vandag is Brooklyn n tuiste vir mense van verskeie kulture en etniese agtergronde.

Die Brooklyn-brug is n bekende landmerk in Brooklyn. Dit oorkruis die East River en verbind Brooklyn met Manhattan. Die grootste brug in New York Stad verbind Brooklyn met Staten-eiland. Brooklyn is een van die bekendste stadsdele van New York.

                                     

2. Wyke

Noordwes-Brooklyn

  • Cobble Hill
  • Park Slope
  • Gowanus
  • Downtown Brooklyn
  • Carroll Gardens
  • Windsor Terrace
  • Vinegar Hill
  • Brooklyn Heights
  • Fort Greene
  • Red Hook
  • Prospect Heights
  • Brooklyn Navy Yard
  • Clinton Hill
  • Boerum Hill
  • DUMBO

Noord-Brooklyn

  • Williamsburg
  • North Side
  • Ridgewood
  • Bushwick
  • Greenpoint
  • East Williamsburg
  • South Side

Noordoos-Brooklyn

  • East New York
  • New Lots
  • City Line
  • Highland Park
  • Starrett City
  • Spring Creek
  • Cypress Hills

Sentraal Brooklyn

  • Kensington
  • Beverly Square West
  • Farragut
  • Bedford-Stuyvesant
  • Crown Heights
  • Ditmas Park
  • Fiske Terrace
  • Ditmas Park West
  • Ditmas Village
  • Flatbush
  • East Flatbush
  • Beverly Square East
  • Brownsville
  • Bedford
                                     

3. Bekende Brooklyners

  • Donald Kagan, historikus wat in antieke Griekeland spesialiseer.
  • Samuel Morse, uitvinder en skilder wat bekend is vir die ontwerp van die telegraaf en Morsekode.
  • Veronica Lake, een van die top film sterre in Hollywood in die 1940s.
                                     
  • die stad New York Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus New York deelstaat en vir ander gebruike New York dubbelsinnig New York amptelik
  • Die Brooklyn - brug is n bekende hangbrug en landmerk in New York VSA Die konstruksie van die brug het op 3 Januarie 1870 begin en is dertien jaar later
  • Kaapstad in Suid - Afrika. Brooklyn een van die vyf stadsdele van New York Stad in die VSA. Brooklyn - brug, n hangbrug en landsbaken in New York Stad.
  • Avery Robert Fisher 4 Maart 1906 in Brooklyn New York 26 Februarie 1994 in New York was n Amerikaanse uitvinder, ondernemer, musiekgeesdriftige
  • naam van n klein eiland geleë in Jamaikabaai in die stadsdeel van Brooklyn in New York Stad. Die eiland is deel van die Jamaica Bay Wildlife Refuge, en
  • The Drums is n Amerikaanse musiekgroep uit Brooklyn New York Stad, met lede van die voormalige groep Elkland voorheen ook Goat Explosion Die groep
  • is n skiereiland voorheen n losstaande eiland in die suide van Brooklyn New York in die Verenigde State van Amerika. Coney Island het n strand aan
  • Abraham Harold Maslow 1 April 1908 in Brooklyn New York 8 Junie 1970, Menlo Park, Kalifornië was n Amerikaanse sielkundige, bekend vir die ontwikkeling
  • Manhattan is die stadsdeel Engels: borough in New York met die hoogste bevolkingskonsentrasie en met n sterk handelsontwikkeling. Dit het n geskatte
  • Joseph Heller gebore 1 Mei 1923 in Brooklyn New York Stad 12 Desember 1999 in East Hampton, New York was n Amerikaanse satirikus. Hy het die invloedryke
  • voorliefde vir teatermusiek gehad. Aaron Copland is op 14 November 1900 in Brooklyn New York gebore. Hy was die jongste van vyf kinders. Sy ouers het van Oos - Europa
  • Lewis Allen Lou Reed 2 Maart 1942 in Brooklyn New York Verenigde State van Amerika - 27 Oktober 2013 was n Amerikaanse musikant en fotograaf. In

Users also searched:

...