Back

ⓘ Burdigalium




                                     

ⓘ Burdigalium

Die Burdigalium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 20.43 tot 15.97 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die Aquitanium en gevolg deur die Langhium.

                                     

1. Naam en definisie

Die Burdigalium is in 1892 deur die Franse geoloog Charles Depéret genoem na Burdigala, die Latynse naam vir die Franse stad Bordeaux.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Globigerinoides altiaperturus en die einde van die magnetiese chronosone C6An; die bokant word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Praeorbulina glomerosa en die einde van die magnetiese chronosone C5Cn.1n.

                                     

2. Bronne

  • fr Depéret, C.; 1892: Note sur la classification et le parallélisme du Système miocène, Bulletin de la Societé Géologique de France 320, p. CXLV-CLVI.
  • en Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
                                     
  • Tortonium 7, 246 11, 608 Serravallium 11, 608 13, 65 Langhium 13, 65 15, 97 Burdigalium 15, 97 20, 43 Aquitanium 20, 43 23, 03 Paleogeen Oligoseen Chattium ouer
  • Tortonium 7, 246 11, 608 Serravallium 11, 608 13, 65 Langhium 13, 65 15, 97 Burdigalium 15, 97 20, 43 Aquitanium 20, 43 23, 03 Paleogeen Oligoseen Chattium ouer
  • Tortonium 7, 246 - 11, 62 Serravallium 11, 62 - 13, 82 Langhium 13, 82 - 15, 97 Burdigalium 15, 97 - 20, 44 Aquitanium 20, 44 - 23, 03 Paleogeen Oligoseen Chattium 23, 03 - 28

Users also searched:

...