Back

ⓘ Christopher Hitchens




Christopher Hitchens
                                     

ⓘ Christopher Hitchens

Christopher Eric Hitchens was n Brits-Amerikaanse outeur, polemikus, debatvoerder en joernalis. Hitchens skryf vir New Statesman, The Nation, The Atlantic, The London Review of Books, The Times Literary Supplement, en Vanity Fair. Hy was outeur, mede-outeur, redigeerder, en mederedigeerder van meer as dertig boeke, waarvan vyf essayversamelings, en fokus op n reeks onderwerpe, waaronder politiek, letterkunde, en religie. Hy was n gewilde gas op kletsprogramme en by lesingskringe, en sy konfronterende debatstyl maak van hom terselfteryd n geprysde en omstrede figuur. Hy was bekend vir sy teendraadse stand op n aantal kwessies en reken vel af met openbare figure soos Moeder Teresa, Bill Clinton, Henry Kissinger, Prinses Diana, en Joseph Ratzinger. Christopher was die ouer broer van outeur Peter Hitchens.

Hy beskryf hom lank reeds as n sosiaaldemokraat, maar begin weg van die gevestigde linkse politiek te breek ná wat hy beskryf as die "flou reaksie" van die Weste se linkses op die Rushdie-affêre, gevolg deur die linkses se aanvaarding van Bill Clinton, en die teenoorlogbeweging se teenstand tot ingryping in Bosnie-Herzegowina. Alhoewel Hitchens sy skrywerspos by The Nation nie tot ná die terrorismeaanvalle van 11 September 2001 verlaat nie, voel hy dat die tydskrif die posisie bereik "dat John Ashcroft n groter bedreiging as Osama bin Laden" is. Die gebeure van die 11de September 2001 "wend hom op", bring "n stryd tussen alles wat ek lief het en alles wat ek haat" binne fokus, en versterk sy aanvaarding van n intervensionistiese buitelandse beleid wat "fascisme met n Islamitiese aangesig" uitdaag. Sy menige hoofartikels ter ondersteuning van die Irakoorlog lei daartoe dat sommiges hom as n neokonserwatiewe bestempel, alhoewel Hitchens daarop aandring dat hy nie "n konserwatiewe van enige aard" was nie. Sy vriend Ian McEwan beskryf hom as n verteenwoordiger van die antitotalitaristiese linkses. Tydens n onderhoud met die BBC in 2010 vermeld hy inderdaad dat hy "steeds n Marxis" was.

Hitchens was n vernaamde kritikus van religie en n antiteïs, en sê dat n persoon "n ateïs kan wees en wens dat geloof in god korrek is", maar dat "n antiteïs, n term wat ek in sirkulasie probeer bring, iemand is wat verlig is dat daar geen bewyse vir só n bewering is nie". Volgens Hitchens is die konsep van n god of opperwese n totalitaristiese oortuiging wat indiwiduele vryheid vernietig, en vrye uitdrukking en wetenskaplike ontdekking moet religie vervang as n wyse waarop etiek geleer word en menslike beskawing gedefinieer word. Sy antireligieuse polemiek en New York Times -topverkoper, God is not Great – How Religion Poisons Everything "God is nie groot nie – hoe religie alles vergiftig", verkoop meer as 500 000 eksemplare.

Hitchens sterf op 15 Desember 2011 aan komplikasies weens slukdermkanker, n siekte wat hy toegee tien-teen-een te wyte was aan sy lewenslange voorkeur vir hewig rook en drink.

                                     

1. Boeke

  • 2008 Christopher Hitchens and His Critics: Terror, Iraq and the Left met Simon Cottee en Thomas Cushman, New York University Press
  • 2011 Arguably: Essays by Christopher Hitchens, Twelve. Uitgegee in die VK as Arguably: Selected Prose, Atlantic, ISBN 1-4555-0277-4 / ISBN 978-1-4555-0277-6
  • 1984 Cyprus. Quartet. Hersiene weergawe uitgegee as Hostage to History: Cyprus from the Ottomans to Kissinger, 1989 Farrar, Straus & Giroux en 1997 Verso
  • 2000 Unacknowledged Legislation: Writers in the Public Sphere, Verso
  • 2001 Letters to a Young Contrarian, Basic Books
  • 1995 The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice, Verso
  • 1990 Blood, Class and Nostalgia: Anglo-American Ironies, Farrar Straus & Giroux T Junie 1990
  • 2007 God is not Great: How Religion Poisons Everything, Twelve/Hachette Book Group USA/Warner Books, ISBN 0-446-57980-7 / Uitgegee in die VK as God is not Great: The Case Against Religion, Atlantic Books, ISBN 978-1-84354-586-6
  • 2004 Love, Poverty, and War: Journeys and Essays, Thunders Mouth, Nation Books, ISBN 1-56025-580-3
  • 2007 "Thomas Paines Rights of Man: A Biography ", Atlantic Monthly Press, ISBN 0-87113-955-3
  • 1988 Blaming the Victims: Spurious Scholarship and the Palestinian Question bydraer; mederedigeerder met Edward Said Verso, ISBN 0-86091-887-4 Heruitgegee, 2001
  • 2008 Is Christianity Good for the World? - A Debate mede-outeur, met Douglas Wilson, Canon Press, ISBN 1-59128-053-2
  • 1997 The Parthenon Marbles: The Case for Reunification, Verso
  • 1993 "For The Sake Of Argument" Verso
  • 2002 Why Orwell Matters, ook Orwells Victory, Basic Books, ISBN 0-465-03050-5
  • 2001 The Trial of Henry Kissinger. Verso.
  • 1999 No One Left to Lie To: The Values of the Worst Family, Verso
  • 2012 Mortality, Twelve, ISBN 1-4555-0275-8 / ISBN 978-1-4555-0275-2. Uitgegee in die VK as Mortality, Atlantic Books, ISBN 1-84887-921-0 / ISBN 978-1-84887-921-8
  • 2010 Hitch-22: A Memoir, Twelve, ISBN 978-0-446-54033-9
  • 2005 Thomas Jefferson: Author of America, Eminent Lives/Atlas Books/HarperCollins Publishers, ISBN 0-06-059896-4
  • 2007 The Portable Atheist: Essential Readings for the Non-Believer, Perseus Publishing. ISBN 978-0-306-81608-6
  • 1990 The Monarchy, Chatto & Windus Ltd
                                     

2. Eksterne skakels

  • In Depth -onderhoud met Hitchens, 2 September 2007 en
  • Verskynings op C-SPAN en
  • C-SPAN Q&A -onderhoud met Hitchens, 26 April 2009 en
  • Booknotes -onderhoud met Hitchens oor For the Sake of Argument, 17 Oktober 1993. en
  • C-SPAN Q&A -onderhoud met Hitchens, 23 Januarie 2011 en
  • "Incendiary Author Spares No Targets" voorbladstorie in The New Zealand Herald, Mei 2008 en
  • Hitchens oor die sterf aan kanker, video-onderhoud met The Atlantic, Augustus 2010 en
  • "Christopher Hitchens-voorbladstories", Prospect -tydskrif, Mei 2008 en
  • "Christopher Hitchens: You have to choose your future regrets" The Guardian, 13 November 2010 en
  • Versameling van nuus en kommentaar by The New York Times en
  • "Christopher Hitchenss Jewish Problem", voorbladstorie op Jewish Ideas Daily, 13 Desember 2010 en
  • "Journalist Christopher Hitchens fully embraces the Bush war camp" op die World Socialist Website, Oktober 2002 en
  • "Farewell to C.H.", Alexander Cockburn-dagboek op CounterPunch, 16-18 Desember 2011 en
  • Christopher Hitchens op National Public Radio in 2010 en
  • Daily Hitchens, n argief van materiaal deur of oor Hitchens; nie meer aktief nie. en
  • Profiel op die Internet-rolprentdatabasis en
  • Debat tussen Hitchens en Berlinski, 2010 en
  • Drexel-onderhoud met Paula Marantz Cohen, Junie 2010 en
  • Outspoken and outrageous: Christopher Hitchens, n 60 Minutes -profiel wat op 6 Maart 2011 uitgesaai is en
  • Versameling van nuus en kommentaar by The Guardian en
  • "Such, Such are His Joys" David Brooks-assessering in The New York Times, 1 Julie 2010 en
  • Werke deur of oor Christopher Hitchens in biblioteke en
Artikels deur Hitchens
  • Artikelargief by The Guardian en
  • Hitchens-artikels by Slate en
  • Rubriekargief by The Atlantic en
  • Artikelargief by Journalisted en
  • Bydraersbladsy by Vanity Fair en