Back

ⓘ 13de Dinastie van Egipte




13de Dinastie van Egipte
                                     

ⓘ 13de Dinastie van Egipte

Die 13de Dinastie van Antieke Egipte het 154 jaar geduur, van omstreeks 1803 tot 1649 v.C. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die Middelryk. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die Tweede Oorgangstydperk.

Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die 12de Dinastie; sy eerste farao was vermoedelik die seun van Amenemhat IV. Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastiee weerspieel die opkoms van die onafhanklike 14de Dinastie in die Oos-Delta, en dit het moontlik gedurende Sobekneferoe se bewind gebeur. As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die faraos van die 13de Dinastie van Memphis af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beeindig net die verowering van Memphis deur die Hyksos-heersers van die 15de Dinastie, omstreeks 1650 v.C.

                                     

1. Heersers

In latere dokumente word die era gewoonlik beskryf as ’n tydperk van wanorde. Dit kon egter vreedsamer gewees het as wat vroeer gedink is omdat die sentrale regering regdeur die dinastie in Itjtawy gebly het en die land relatief stabiel was. Ongelukkig is die ware chronologie van die heersers moeilik om te bepaal, want min monumente dateer uit dié periode. Baie van die konings se name is net bekend uit fragmente van inskripsies. Die bekendstes was:

Bewyse van die heersers ná hierdie konings is net in Bo-Egipte gevind. Dit kan dui op die skuif van die hoofstad van Itjtawy na Thebe. Daphna Ben Tor glo dit is veroorsaak deur ’n inval uit die Oos-Delta en die Memhis-streek deur Kanaänitiese heersers. Sommige skrywers beskou dit as die einde van die Middelryk en die begin van die Tweede Oorgangstydperk.

                                     
  • II ook bekend as Ramses die Grote was die derde farao van Antieke Egipte se 19de Dinastie Hy word dikwels beskou as die grootste, mees gevierde en
  • Innocentius. Onbekend Saladin, n Koerdiese Moslem wat die Ajjubide - dinastie van Egipte en Sirië gestig het 1193 25 Januarie Pietro Pierleoni Teenpous
  • Doukas Vatatzes, keiser van die Niceense Ryk 1254 3 4 Maart Saladin, n Koerdiese Moslem wat die Ajjubide - dinastie van Egipte en Sirië gestig het
  • farao van Antieke Egipte se 18de Dinastie Hy het óf van 1319 tot 1292 v.C. regeer óf van 1306 tot 1292 v.C. Hy was nie verwant aan enige van die voorafgaande
  • Menmaatre Seti I was n farao van die 19de Dinastie van Antieke Egipte Hy was die seun van Ramses I en Sitre, en die pa van Ramses II. Nes met ander farao s
  • Egipte en die Hetitiese Ryk meegeding het. Van die veldtog van Adad - nirari II af het dit n uitgestrekte ryk geword wat die 25ste Dinastie van Egipte
  • ook gebruik word. Buite Egipte is perkament of kalfsvel gebruik wat vervaardig uit die skaap - of kalfshuid gemaak is in plaas van papirus aangesien die

Users also searched:

...