Back

ⓘ 14de Dinastie van Egipte




14de Dinastie van Egipte
                                     

ⓘ 14de Dinastie van Egipte

Die 14de Dinastie was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk oor die Nyldelta regeer het. Die dinastie se hoofstad was waarskynlik Avaris. Die 14de Dinastie het saam met die 13de Dinastie regeer wat in Memphis gebaseer was. Die heersers was Kanaänities of Wes-Semities as ’n mens kyk na die oorsprong van die faraos se name soos Ipqu, Yakbim, Qareh en Yaqub-Har. Soms word die 14de Dinastie beskou as deel van die Middelryk.

Die chronologiese posisie van die dinastie is onseker en verskil soms tot 75 jaar onder geleerdes.

Die meeste geleerdes stem saam dat ’n hongersnood of dalk ook plaag voorgekom het ná die baie kort bewind van Nehesy wat tot aan die einde van die dinastie kon geheers het. Dieselfde hongersnood kon ook die 13de Dinastie geraak het. Die swak toestand van albei dinastiee kan deels verduidelik hoekom hulle geswig het voor die opkomende Hyksos-mag.

                                     

1. Heersers

Volgens die Manetho-tradisie was daar tot 76 faraos in die 14de Dinastie. Die Turynse Koningslys noem egter net 56 en het nie genoeg plek om meer as 70 konings te lys nie.

Die presiese grense van die dinastie is nie bekend nie weens die tekort aan monumente wat behoue gebly het. Seels van die dinastie is egter gevind in Middel- en Bo-Egipte tot so ver suid as Dongola, onder die Derde Katarak van die Nylrivier. In die noorde is seels gevind tot in die Suid-Levant en die hedendaagse Libanon. Dit dui op belangrike handelsbetrekkinge met Kanaän en Nubie.

Die volgorde van die dinastie word aangegee deur die Turynse Koningslys en word algemeen aanvaar. Daar was nog vyf heersers voor hulle, volgens Ryholt.

Daar is ook verskeie ander konings moontlik uit die 14de of 15de Dinastie wat bekend is uit artefakte uit hul tyd, maar wat nie op die Turynse Koningslys genoem word nie.

                                     
  • Die 12de Dinastie word saam met die 11de, 13de en 14de Dinastie beskou as die Middelryk van Egipte Bekende farao s van die 12de Dinastie was: Egiptoloë
  • Die 13de Dinastie van Antieke Egipte ook Dinastie XIII geskryf het 154 jaar geduur, van omstreeks 1803 tot 1649 v.C.. Dit word meestal saam met die 11de
  • Hongersnood, wat Bo - Egipte ook tydens die 13de en 14de Dinastie geteister het, het voortgeduur tydens die 16de Dinastie veral met die bewind van Neferhotep III
  • Thebe, Egipte 1324 v.C.: Farao Ai word koning van Egipte 1320 v.C.: Einde van die 18de Dinastie van Egipte en die begin van die 19de Dinastie 1310 v
  • Die 15de Dinastie ook Dinastie XV geskryf omstreeks 1650 - 1550 v.C. was n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk regeer
  • keer in Egipte hul verskyning gemaak en n onafhanklike ryk gevestig. Die Kanaänitiese heersers van die delta het hergroepeer in die 14de Dinastie en het
  • C. bewoon. Waset was tydens die 11de Dinastie en die grootste deel van die 18de Dinastie die hoofstad van Egipte In laasgenoemde tydperk het farao Hatsjepsoet
  • Sobekneferoe van Antieke Egipte sterf. Die einde van die 12de Dinastie Die begin van die 13de en 14de Dinastie 1779 v.C.: Zimrilim, koning van Mari, Sirië
  • hoofstad van Antieke Egipte Sy aansien het n hoogtepunt bereik tydens die 6de Dinastie as n sentrum vir die aanbidding van Ptah, die god van kunswerke
  • van die 14de Dinastie van Antieke Egipte Omstreeks 1650 v.C.: Die verowering van Memphis deur die Hyksos en die val van die 13de Dinastie van Egipte

Users also searched:

...