Back

ⓘ 16de Dinastie van Egipte




16de Dinastie van Egipte
                                     

ⓘ 16de Dinastie van Egipte

Die 16de Dinastie was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk 70 jaar lank oor die Thebaanse streek in Bo-Egipte regeer het.

In dié tydperk omstreeks 1650 tot 1580 v.C. is Bo- en Benede-Egipte verdeel tussen die faraos van Thebe en die Hyksos-konings van die 15de Dinastie by Avaris.

                                     

1. Geskiedenis

Die voortdurende oorlog teen die 15de Dinastie het die kort bestaan van die 16de Dinastie oorheers. Die soldate van die 15de Dinastie het dorp vir dorp van hul vyande in die suide verower. Hulle het ’n al hoe groter deel van die 16de Dinastie se gebied oorgeneem totdat hulle eindelik Thebe self bedreig en eindelik verower het.

Hongersnood, wat Bo-Egipte ook tydens die 13de en 14de Dinastie geteister het, het voortgeduur tydens die 16de Dinastie, veral met die bewind van Neferhotep III.

                                     

2. Heersers

Die tradisionele lys heersers van die 16de Dinastie groepeer konings wat waarskynlik leenhere van die Hyksos was, saam. Van hulle het Semitiese name soos Semqen en Anat-her gehad. Die lys verskil van geleerde tot geleerde. Die lys hieronder is volgens Jürgen von Beckerath.

Onafhanklike Thebaanse koninkryk

In sy 1997-studie van die Tweede Oorgangstydperk meen die Deense Egiptoloog Kim Ryholt dat die 16de Dinastie ’n onafhanklike Thebaanse koninkryk was. Volgens hom was daar 15 konings, waarvan sommige bevestig word deur bronne uit dié tyd. Ryholt lys die konings soos hier onder.

                                     

3. Bibliografie

  • Bourriau, Janine 2003, "The Second Intermediate Period", in Shaw, Ian, The Oxford history of ancient Egypt, Oxford: Oxford University Press, ISBN 0-19-280458-8,
  • Kuhrt, Amélie 1995, The Ancient Near East: c. 3000-330 v.C., London: Routledge, ISBN 9780415013536,
  • Cory, Isaac Preston 1876, Corys Ancient fragments of the Phoenician, Carthaginian, Babylonian, Egyptian and other authors, Reeves & Turner, s+ancient+fragments&printsec=frontcover&source=web&ots=287FCZJyH7&sig=novEPScgzCvtkWr_FCdvxyK3G9w&sa=X&oi=book_result&resnum=3&ct=result#PPA118,M1
  • Ryholt, K. S. B. 1997. The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period, c. 1800 - 1550 v.C. Copenhagen: Museum Tusculanum Press. ISBN 8772894210.
                                     
  • I. Vanaf 1567 v.C.: Die einde van die 15de, 16de en 17de Dinastie van Antieke Egipte Die begin van die 18de Dinastie 1556 v.C.: Die legendariese koning
  • Die 17de Dinastie ook Dinastie XVII geskryf van 1580 tot 1550 v.C. was n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk regeer
  • Nuwe Ryk van Egipte ook bekend as die Egiptiese Ryk, is die tydperk in Antieke Egipte se geskiedenis tussen die 16de en 11de eeu v.C. van die 18de tot
  • Die 15de Dinastie ook Dinastie XV geskryf omstreeks 1650 - 1550 v.C. was n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk regeer
  • die dood van Alexander die Grote het een van sy generaals, Ptolemeus Soter, hom as heerser van Egipte gevestig. Dié Griekse Ptolemeïese Dinastie het tot
  • Die begin van die 15de en 16de Dinastie van Antieke Egipte Omstreeks 1649 v.C.: Bazaia word die koning van Assirië. 1627 v.C.: Die begin van die afname
  • 13de Dinastie van Antieke Egipte Dit was ook die begin van die Tweede Oorgangstydperk. Kanaänitiese bevolkings het aan die einde van die 12de Dinastie omstreeks
  • Chonsoe die goddelike familie van die Thebaanse Triade gevorm. Nadat die leër van die stigter van die 18de Dinastie van Egipte die Hyksosheersers uitgedryf
  • van die farao s van Antieke Egipte van die 1ste Dinastie van die Vroegdinastiese Tydperk tot aan die einde van die Ptolemeïese Tydperk, toe Egipte n
  • van die 25ste Dinastie regeer. Die mag van die 25ste Dinastie het onder koning Tirhaka n hoogtepunt bereik, maar n eeu nadat die Koesjiete Egipte verower