Back

ⓘ Buiteaardse lewe




Buiteaardse lewe
                                     

ⓘ Buiteaardse lewe

Buiteaardse of buiteruimtelike lewe is lewe met ’n oorsprong elders as die Aarde. Daar word ook van buiteaardse wesens gepraat as verwys word na relatief komplekse individue. In ’n bree sin is buiteaardse lewe tot nog toe hipotetiese lewensvorme wat kan wissel van bakterie-agtige organismes tot wesens wat veel meer kompleks as die mens is. Die moontlikheid dat virusse buite die Aarde kan bestaan, is ook al voorgestel.

Die ontwikkeling en toets van hipoteses oor buiteaardse lewe is bekend as astrobiologie, hoewel dit ook handel oor aardgebaseerde lewe in ’n astronomiese verband. Baie wetenskaplikes glo buiteaardse lewe is moontlik, maar daar is geen direkte bewys dat dit wel bestaan nie. Sedert die middel van die 20ste eeu is daar ’n voortdurende soeke na tekens van buiteaardse lewe, van radios wat ontwerp is om seine uit die heelal te bespeur tot teleskope wat soek na moontlike bewoonbare eksoplanete. Dit speel ook ’n groot rol in werke van wetenskapsfiksie.

                                     

1. Agtergrond

’n Hipotese bestaan dat buiteaardse lewe soos bakteriee in die res van die Sonnestelsel en die res van die heelal voorkom. Dié hipotese is gegrond op die grootte en die konsekwente fisiese wette van die waarneembare heelal. Wetenskaplikes wat dit voorstaan, soos Carl Sagan en Stephen Hawking, glo dit is onwaarskynlik dat lewe nie buite die Aarde bestaan nie. Die argument berus op die Koperniese beginsel, waarvolgens die Aarde nie ’n spesiale posisie in die heelal beklee nie, en die beginsel van middelmatigheid, waarvolgens daar niks buitengewoons aan lewe op Aarde is nie. Lewe kon tegelykertyd op baie plekke regdeur die heelal ontstaan het. ’n Alternatiewe teorie is dat lewe minder algemeen voorkom, maar tussen bewoonbare planete versprei kon gewees het deur middel van panspermia of eksogenese.

Volgens rekenaarsimulasies kon komplekse organiese molekules wat nodig is vir lewe, gevorm gewees het in die protoplanetêre skyf of ruimtestof om die Son voor die vorming van die Aarde. Volgens dié studies kon dieselfde proses voorgekom het om ander sterre waar planete gevorm het.

Voorgestelde hemelliggame waar lewe sou kon ontstaan het, sluit in die planete Venus en Mars, asook Jupiter se maan Europaen Saturnus se mane Titan en Enkelados. In Mei 2011 het wetenskaplikes van Nasa berig Enkelados "lyk al hoe meer soos die mees bewoonbare plek in die Sonnestelsel buite die Aarde vir lewe soos ons dit ken".

Wetenskaplikes glo sedert die 1950s die bewoonbare sone om sterre is die mees waarskynlike plek waar lewe kan voorkom. Verskeie ontdekkings sedert 2007 in hierdie sones het gelei tot skattings dat daar miljarde aardagtige habitats is. In 2013 was daar nog net ’n paar planete in bewoonbare sones ontdek. Op 4 November 2013 het sterrekundiges egter aangekondig daar kan tot 40 miljard aardgrootte-eksoplanete in die bewoonbare sones van sonagtige sterre of rooidwerge in die Melkweg voorkom, gebaseer op data van die Kepler-ruimteteleskoop. Van hulle kan 11 miljard om sonagtige sterre voorkom. Die naaste sodanige planeet kan volgens die wetenskaplikes minder as 12 ligjare van die Aarde af wees.

Geen algemeen aanvaarde bewyse van buiteaardse lewe is al gevind nie; heelwat omstrede bewerings daarvan is egter al gemaak. Die oortuiging dat vreemde vlieende voorwerpe ’n buiteaardse oorsprong het, asook bewerings van ontvoering deur buiteaardse wesens, word deur die meeste wetenskaplikes verwerp. Die verskynsel word toegeskryf aan veral waarnemings van aardgebaseerde vliegtuie of sterrekundevoorwerpe, of aan poetse.

In November 2011 het die Amerikaanse Withuis amptelik gereageer op twee petisies waarin die regering gevra word om amptelik te erken dat buiteaardse wesens die Aarde al besoek het en om enige doelbewuste geheimhouding van interaksies tussen die regering en buiteaardse wesens te onthul. Volgens die regering se verslag "het die Amerikaanse regering geen bewyse dat lewe buite ons planeet bestaan of dat ’n buiteaardse teenwoordigheid al enige kontak gemaak het met enige lid van die menslike geslag nie". Daarvolgens is daar ook "geen geloofbare inligting wat daarop dui dat enige bewyse van die publiek weerhou word nie". Volgens die verslag is daar pogings, soos SETI, die Kepler-ruimteprogram en Nasa se Mars-wetenskaplaboratorium, om tekens van lewe te soek. Die kans is "redelik groot" dat daar lewe op ander planete kan wees, maar die kans om met hulle kontak te maak – veral met intelligente wesens – is bitter klein as ’n mens die afstande in ag neem wat ter sprake is.

                                     

2.1. Moontlike grondslag Biochemie

Alle lewe op Aarde is gebaseer op 26 chemiese elemente. Sowat 95% van lewe is egter afhanklik van net ses van dié elemente: koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfor en swawel, afgekort as KWSSFS. Hulle vorm die basiese boustene van feitlik alle lewe op Aarde, terwyl die meeste van die ander elemente net in klein hoeveelhede aangetref word.

Lewe op Aarde vereis water as die oplosmiddel waarin biochemiese reaksies plaasvind. Genoegsame hoeveelhede koolstof en die ander elemente kan saam met water die vorming van lewende organismes moontlik maak op ander planete met ’n soortgelyke chemiese samestelling en temperatuurgrense. Aardplanete vorm in ’n proses wat ’n soortgelyke samestelling as die Aarde s’n moontlik maak. Die kombinasie van koolstof, waterstof en suurstof in die chemiese vorm van koolhidrate m.a.w. suiker kan ’n bron van chemiese energie wees waarvan lewe afhanklik is, en kan die strukturele elemente vir lewe verskaf soos ribose in die molekules DNS en RNS, en sellulose in plante. Plante verkry energie deur die omskakeling van ligenergie in chemiese energie deur fotosintese. Lewe soos ons dit ken, vereis koolstof in beide gereduseerde metaan-derivate en gedeeltelik geöksideerde koolstofoksiede toestande. Stikstof is nodig as ’n gereduseerde ammoniak-derivaat in alle proteïene, swawel as ’n derivaat van waterstofsulfied in sommige noodsaaklike proteïene, en fosfor geöksideer tot fosfate in genetiese materiaal en in energieoordrag.

Suiwer water het ’n neutrale pH danksy die voortgesette dissosiasie tussen hidroksied- en hidronium-ione. Daarom kan dit positiewe metaliese ione en negatiewe niemetaliese ione ewe doeltreffend oplos. Verder skep die feit dat organiese molekules óf hidrofobies afgestoot deur water óf hidrofilies oplosbaar in water kan wees, die vermoe van organiese samestellings om hulself te orienteer om wateromsluitende membrane te vorm. Boonop gee die waterstofbindings tussen watermolekules dit die vermoe om energie te stoor met verdamping, waarop kondensasie vrygestel word. Dit help om die klimaat matiger te maak – om die tropiese gebiede af te koel en die pole warmer te maak. So word die termodinamiese stabiliteit gehandhaaf wat nodig is vir lewe.

Koolstof is noodsaaklik vir aardse lewe vanwee die groot buigsaamheid daarvan in die skepping van kovalente chemiese bindings met ’n verskeidenheid niemetaliese elemente, veral stikstof, suurstof en waterstof. Koolstofdioksied en water maak saam die berging van sonenergie moontlik in suikers en stysels, soos glukose. Die oksidasie van glukose stel biochemiese energie vry wat nodig is vir alle ander biochemiese reaksies.

Die vermoe om organiese sure -COOH en amienbasisse -NH 2 te skep, lei tot die vorming van die lang polimeer-peptiedes en katalitiese proteïene van monomeer-aminosure. Wanneer dit met fosfate gekombineer word, kan hierdie sure die inligtingbergende molekule van erflikheid, DNS, en die hoof-energieoordragmolekule van sellulêre lewe, adenosientrifosfaat, bou.

Vanwee hul oorvloed en vermoe om lewe te onderhou, is daar ’n hipotese dat lewensvorme elders in die ruimte dieselfde basiese materiale sal nodig hê. Ander elemente en oplosmiddels sou egter ’n grondslag vir lewe kon verskaf. Lewensvorme in ammoniak eerder as water is al voorgestel, hoewel hierdie oplossing minder gunstig lyk as water.

Uit ’n chemiese standpunt is lewe basies ’n selfrepliserende reaksie, maar een wat kan ontstaan in baie verskillende omstandighede en met talle moontlike bestanddele. Dit lyk egter of koolstof-suurstof binne die vloeistof-temperatuurgrense van water die bevordelikste is.

                                     

2.2. Moontlike grondslag Evolusie en morfologie

Benewens die biochemiese grondslag, is evolusie en morfologie ook terreine wat in ag geneem word wanneer buiteaardse lewe ter sprake is. In wetenskapsfiksie het buiteaardse wesens dikwels halfmenslike of reptielvorms. Hulle word dikwels uitgebeeld met ’n groen of grys vel, ’n groot kop en vier arms en bene – dus as mensagtig – maar soms ook as katagtiges, insekte, vormlose massas, ens.

’n Onderskeid is al voorgestel tussen universele en parogiale meer beperkte eienskappe. Universele eienskappe is dié wat vermoedelik meer as een keer onafhanklik op Aarde ontwikkel het. Hulle is dus nie te moeilik om te ontwikkel nie en is so nuttig dat spesies hulle noodwendig sal ontwikkel. Die algemeenste hiervan is waarskynlik simmetrie, maar ander wat net so basies maar ingewikkelder is, sluit in sig, fotosintese, ledemate en die vermoe om te vlieg – hulle het almal vermoedelik verskeie kere op Aarde ontwikkel. Daar is byvoorbeeld ’n groot verskeidenheid oe en baie van hulle werk op heeltemal verskillende maniere en het verskillende visuele fokusse: die sigbare spektrum, infrarooi, polarisasie en akoestiek. Intelligente buiteaardse wesens sal op verskeie ander maniere kan kommunikeer: deur gebare soos doofstom mense, klanke wat op ander maniere as met asemhaling voortgebring word soos krieke of bioluminesensie liguitstraling.

Pogings om parogiale eienskappe te definieer lei tot baie idees uit oor watter eienskappe noodsaaklik is en watter nie. Skelette, wat volgens baie kenners noodsaaklik is vir groot aardse lewensvorme, sal waarskynlik elders in die een of ander vorm herhaal word. Die aanname dat buiteaardse wesens radikaal van mekaar sal verskil, is geensins vanselfsprekend nie. Terwyl baie bioloe klem lê daarop dat die enorme heterogene aard van lewe op Aarde daarop dui dat daar in die res van die heelal ’n nog groter diverse verskeidenheid sal wees, wys ander daarop dat konvergente ooreenstemmende evolusie dalk tot gevolg kan hê dat daar groot ooreenkomste tussen aardse en buiteaardse wesens is. Dié twee gedagterigtings word onderskeidelik "divergionisme" en "konvergionisme" genoem.



                                     

3. Bewoonbaarheid van planete

Daar was al voorstelle dat sommige planete in die Sonnestelsel die potensiaal het om lewe te huisves, veral dié met oseane onder die oppervlak. Astrobioloe glo egter as lewe elders in die Sonnestelsel ontdek word, sal dit waarskynlik ekstremofiele mikroörganismes wees klein organismes wat in ekstreme toestande voorkom wat skadelik vir lewe op Aarde sal wees.

Die planete Venus en Mars, verskeie mane van Jupiter en Saturnus en selfs komete bevat vermoedelik nisomgewings waar lewe kan voorkom. ’n Mariene omgewing onder die oppervlak van Jupiter se maan Europa kan die mees geskikte habitat in die Sonnestelsel wees vir meersellige lewe.

Volgens die begrip panspermia kan lewe in die Sonnestelsel ’n gemeenskaplike oorsprong hê. As buiteaardse lewe op ’n ander plek in die Sonnestelsel gevind word, kon dit moontlik op Aarde ontstaan het, net soos wat lewe op Aarde elders kon ontstaan het eksogenese. Die eerste keer dat die term "panspermia" gebruik is, was in die 5de eeu v.C. deur die Griekse filosoof Anaxagoras. In die 19de eeu het wetenskaplikes dit in ’n moderne vorm laat herleef; hulle sluit in Jöns Jacob Berzelius 1834, Kelvin 1871, Hermann von Helmholtz 1879 en Svante Arrhenius 1903.

Sir Fred Hoyle 1915–2001 en Chandra Wickramasinghe geb. 1939 was belangrike voorstanders van die hipotese. Hulle het verder geglo lewensvorme dring steeds die Aarde se atmosfeer binne en kan verantwoordelik wees vir nuwe siektes en genetiese veranderings.

                                     

3.1. Bewoonbaarheid van planete Venus

Carl Sagan, David Grinspoon, Geoffrey A. Landis en Dirk Schulze-Makuch het ’n hipotese voorgestel dat mikrobes in die stabiele wolklae 50 km bo Venus se oppervlak kan voorkom; dit is gebaseer op die veronderstelling van herbergsame klimate en chemiese onewewigtigheid.

                                     

3.2. Bewoonbaarheid van planete Mars

Daar word al lank gegis oor lewe op Mars. Vloeibare water het lank gelede op Mars voorgekom en daar kan steeds water onder die oppervlak wees. Dit kan ook voorkom as dun lae soutwater in die eerste sentimeter of so vir dele van die jaar op sekere plekke. Teen Julie 2008 is water geïdentifiseer toe ’n grondmonster verhit is in laboratoriumtoetse aan boord van Nasa se Phoenix-landingstuig op Mars. Fotos deur die Mars Global Surveyor het in 2006 tekens gewys dat vloeistof onlangs binne die vorige tien jaar op Mars se oppervlak gevloei het.

Daar is bewyse dat Mars in die verlede warmer en natter was: droe rivierbeddings, ys by die pole, vulkane asook minerale wat in die teenwoordigheid van water vorm. Mars kan egter steeds lewe huisves, aangesien onlangs gevind is korsmos kan in die toestande op die planeet oorleef, soos vasgestel in ’n simulasielaboratorium van die Duitse Ruimtesentrum.

In Junie 2012 het wetenskaplikes berig die meet van die verhouding tussen waterstof- en metaanvlakke op Mars kan die moontlikheid van lewe daar help bepaal. Volgens hulle "dui lae H 2 /CH 4 -verhoudings minder as sowat 40 daarop dat lewe waarskynlik teenwoordig en aktief is". Ander wetenskaplikes het onlangs verslag gedoen oor metodes om waterstof en metaan in buiteaardse atmosfere te bespeur.

Op 9 Desember 2013 het Nasa berig data van die Curiosity-verkenningstuig tydens sy bestudering van Aeolis Palus, dui daarop dat die Gale-krater ’n antieke varswatermeer bevat het wat mikrobiese lewe kon gehuisves het. Die soeke na tekens van antieke lewe op Mars duur voort en is nou ’n primêre mikpunt van Nasa.



                                     

3.3. Bewoonbaarheid van planete Jupiter

Carl Sagan en ander het in die 1960s en 1970s toestande opgestel vir hipotetiese aminosuurgebaseerde makroskopiese lewe in Jupiter se atmosfeer, gebaseer op bestaande toestande daar. Dit lyk egter nie of die atmosfeer geskik is vir die soort inkapseling wat nodig blyk te wees vir molekulêre biochemie nie, en dus word geglo lewe is onmoontlik.

Van Jupiter se mane kan egter moontlik lewe onderhou. Wetenskaplikes het voorgestel verhitte oseane bestaan dalk diep onder die oppervlak van die buitenste drie Mane van Galilei – Europa, Ganimedes en Kallisto. Die EJSM/Laplace-sending is beplan om die bewoonbaarheid van dié omgewings te ondersoek.

                                     

3.4. Bewoonbaarheid van planete Europa

Jupiter se maan Europa is al lank die onderwerp van spekulasies oor buiteaardse lewe vanwee die sterk moontlikheid van vloeibare water onder sy yslaag. Hidrotermiese gate op die bodem van die oseane, as hulle bestaan, kan dalk die ys verhit en meersellige lewe moontlik maak. Daar is ook ’n moontlikheid dat Europa aerobiese makrofauna kan onderhou deur middel van suurstof wat geskep word deur kosmiese strale wat sy oppervlak-ys tref.

Die oortuiging dat daar lewe op Europa is, het in 2011 ’n hupstoot gekry toe ontdek is groot mere kom in Europa se dik ysskil voor. Volgens wetenskaplikes lyk dit of yswalle om die mere in hulle instort, en dit skep ’n moontlike meganisme waardeur lewevormende chemikaliee wat in sonverligte gebiede op die oppervlak geskep word, na binne die mere verplaas word.

Op 11 Desember 2013 het Nasa bekend gemaak wetenskaplikes het klei-agtige minerale wat dikwels met organiese materiale verbind word, op Europa se yskors waargeneem. Volgens die wetenskaplikes kan die teenwoordigheid van die minerale wees danksy ’n botsing met ’n asteroïde of komeet.

                                     

3.5. Bewoonbaarheid van planete Saturnus

Hoewel wetenskaplikes nie glo daar is lewe op Saturnus nie, is sy mane Titaan en Enkelados twee moontlike kandidate.

                                     

3.6. Bewoonbaarheid van planete Titaan

Titaan, die grootste maan van Saturnus, is die enigste bekende maan met ’n betekenisvolle atmosfeer. Data van die Cassini-Huygens-sending het teoriee van ’n globale koolwaterstofoseaan weerlê, maar later die teenwoordigheid van vloeibare koolwaterstofmere in die poolstreke bespeur – dit was die eerste stabiele massas oppervlakvloeistof wat buite die Aarde ontdek is. Die ontleding van die data het aspekte ontbloot van atmosferiese chemie naby die oppervlak wat ooreenstem met die hipotese maar dit nie bewys nie dat organismes op Titaan waterstof, asetileen en etaan gebruik en metaan produseer.

                                     

3.7. Bewoonbaarheid van planete Enkelados

Enkelados, nog ’n maan van Saturnus, het van die toestande wat nodig is vir lewe, soos geotermiese aktiwiteit en waterdamp, sowel as moontlike oseane onder sy ys wat dalk deur gety-effekte verhit word. Cassini het in 2005 koolstof, waterstof, stikstof en suurstof – alles sleutelelemente vir lewende organismes – bespeur tydens ’n verbyvlug deur een van Enkelados se geisers wat ys en gas uitspuit. Die temperatuur en digtheid van die uitgespuite stowwe het gedui op ’n warmer, wateragtige bron onder die oppervlak. Geen lewe is egter bespeur nie.

                                     

3.8. Bewoonbaarheid van planete Klein hemelliggame

Ekstremofiele kan moontlik ook op kleiner hemelliggame in die Sonnestelsel aangetref word. Fred Hoyle het voorgestel mikrobiese lewe kan op komete voorkom.

                                     

4.1. Wetenskaplike soektog Direkte soektog

Wetenskaplikes soek direk na biospore in die Sonnestelsel deur middel van ondersoeke na Mars se oppervlak en die bestudering van meteoriete wat die Aarde getref het. In 2008 het Nasa en die Europese Ruimteagentskap ESA hul gesamentlike EJSM/Laplace-sending aangekondig wat ’n soektog na lewe op die maan Europa sou insluit. In 2011 moes Nasa egter afskaal weens ’n gebrek aan geld. Daar is ’n moontlikheid dat ESA die projek in die toekoms alleen sal aanpak.

Nasa het wel in November 2011 die Mars-wetenskaplaboratorium MSL gelanseer wat ’n verkenningstuig, Curiosity, op 6 Augustus 2012 op Mars laat land het. Dit is ontwerp om te soek na die moontlikheid van lewe in die verlede en hede met behulp van ’n verskeidenheid wetenskaplike instrumente.

Volgens die Gaia-hipotese sal enige planeet met ’n aansienlike mate van lewe ’n chemies onewewigtige atmosfeer hê. Dit is redelik maklik om dit van ’n afstand af vas te stel met behulp van spektroskopie. Aansienlike vooruitgang in die vermoe om lig van kleiner rotsagtige wêrelde naby hul ster te vind is egter nodig voor spektroskopiese metodes gebruik kan word om eksoplanete te ontleed.

Nasa het op 21 Februarie 2014 aangekondig hulle het ’n grootliks bygewerkte databasis vir die opsporing van polikliniese aromatiese koolwaterstowwe PAKs in die heelal. Volgens wetenskaplikes kan meer as 20% van die koolstof in die heelal dalk verbind word met PAKs, wat moontlik aanvangsmateriale kan wees vir die vorming van lewe. Dit lyk of PAKs kort ná die Oerknal ontstaan het, wydverspreid in die heelal voorkom en verbind kan word met nuwe sterre en eksoplanete.



                                     

4.2. Wetenskaplike soektog Indirekte soektog

As daar ’n gevorderde buiteaardse gemeenskap is, is daar geen waarborg dat hulle inligting in die Aarde se rigting sal uitstuur of dat die inligting as sodanig deur die mens erken sal word nie. Die tyd wat nodig is vir ’n sein om deur die heelal te trek, beteken ook dat enige sein wat wel bespeur word of nie, uit die verre verlede kom.

Projekte soos SETI voer enorme soektogte uit na radioaktiwiteit wat die bestaan van buiteaardse lewe kan bevestig. Daar is ook voorstelle dat buiteaardse wesens gepulseerde en aaneenlopende laserseine in die sigbare sowel as infrarooispektrum kan uitstuur. Laserseine het die voordeel dat hulle nie in die interstellêre medium sal "smeer" nie en dalk voordeliger sal wees vir kommunikasie tussen die sterre. Terwyl kommunikasietegnieke soos die uitstuur van laserseine en interstellêre vlugte ernstig ondersoek is en wel uitvoerbaar kan wees, sal dit nie kostedoeltreffend wees nie.

Sommige wetenskaplikes het selfs al voorgestel dat gevorderde beskawings kunsmatige swartkolke sal kan skep as ’n energiebron of ’n manier om van afval ontslae te raak. Hulle stel voor die waarneming van ’n swartkolk met ’n massa van minder as 3.5 sonmassas die teoretiese perk vir ’n natuurlike swartkolk sal ’n bewys wees van ’n buiteaardse beskawing.

                                     

4.3. Wetenskaplike soektog Eksoplanete

Sterrekundiges soek ook na eksoplanete wat lewe sal kan onderhou, veral in die bewoonbare sone van sterre waar toestande geskik is vir vloeibare water om voor te kom. Huidige radiowaarnemingsmetodes is onvoldoende vir so ’n soektog. Teleskope van die toekoms behoort die vermoe te hê om planete om nabygelee sterre waar te neem om so die teenwoordigheid van lewe – óf direk óf deur spektrografie – te onthul, asook sleutelinligting soos die teenwoordigheid van vrye suurstof in ’n planeet se atmosfeer.

Sommige wetenskaplikes glo Alpha Centauri, die naaste veelvoudige ster aan die Aarde, kan planete hê waar lewe moontlik is.

Op 24 April 2007 het wetenskaplikes by die Europese Suidelike Sterrewag in La Silla, Chili, gesê hulle het die eerste aardagtige eksoplaneet ontdek. Die planeet, bekend as Gliese 581 c, se wentelbaan is in die bewoonbare sone van sy moederster, Gliese 581, ’n rooidwerg sowat 20.5 ligjare van die Aarde af. Daar is aanvanklik geglo die planeet het vloeibare water, maar onlangse rekenaarsimulasies van Gliese 581 c se klimaat deur Werner von Bloh en sy span by die Duitse Instituut vir Klimaatimpaknavorsing dui daarop dat koolstofdioksied en metaan in die atmosfeer ’n weghol-kweekhuiseffek skep. Dit sal die planeet verhit tot oor die kookpunt van water 100 °C, en dus sal lewe onwaarskynlik wees. Wetenskaplikes konsentreer nou op Gliese 581 d, wat net buite die ster se tradisionele bewoonbare sone lê. In Mei 2011 het navorsers voorspel die planeet val nie net in die bewoonbare sone nie, maar is groot genoeg vir ’n stabiele atmosfeer van koolstofdioksied en "warm genoeg om oseane, wolke en reen te hê", volgens die Franse Nasionale Sentrum vir Wetenskaplike Navorsing.

In Desember 2011 het Nasa bevestig dat Kepler-22b, wat 600 ligjare van die Aarde af is en ’n radius van 2.4 keer dié van die Aarde het, moontlik die naaste aan die Aarde kom wat betref grootte en temperatuur.

Sedert 1992 is n paar duisend eksoplanete in die Melkweg ontdek. Teen 1 Mei 2021 was daar 4 719 bevestigde eksoplanete in 3 490 planeetstelsels, met 772 stelsels wat meer as een planeet het. en dit sal in die komende jare na verwagting grootliks toeneem. Hulle grootte wissel van aardgrootte-planete tot planete groter as Jupiter. Omdat die Kepler-ruimteteleskoop drie oorgange van ’n planeet voor sy ster moet waarneem om dit as ’n kandidaat-eksoplaat te bevestig, kon dit nog net planete identifiseer wat teen ’n redelike vinnige tempo om hul sterre wentel. Ondanks dié suksesse beteken die metode van oorgang wat Kepler gebruik dat planete se wentelbaan teen ’n klein inklinasie tot die siglyn van die waarnemer moet wees – dit beteken die moontlikheid om ’n planeet van die Aarde se grootte en wentelradius om ’n verafgelee ster te ontdek is net 0.47%. Die getal planete wat Kepler kan opspoor, is dus net ’n klein deeltjie van die planete wat in die Melkweg kan bestaan.

                                     

5. Die Drake-vergelyking

Dr. Frank Drake, ’n sterrekundige en astrofisikus van die Universiteit van Kalifornie in Santa Cruz het in 1961 die Drake-vergelyking geskep. Hierdie omstrede vergelyking skat die getal intelligente beskawings in die Melkweg op grond van die volgende faktore:

N = R ∗ × f p × n e × f l × f i × f c × L {\displaystyle N=R^{*}~\times ~f_{p}~\times ~n_{e}~\times ~f_{l}~\times ~f_{i}~\times ~f_{c}~\times ~L}

Dit is:

R* = Die tempo van vorming van sterre in die Melkweg. f p = Die deel van dié sterre met planete. n e = Die getal aardagtige planete. f l = Die deel van dié planete waar lewe ontwikkel het. f i = Die deel van dié planete waar intelligente lewe ontwikkel het. f c = Die deel van dié planete met moontlike beskawings wat kan kommunikeer. L = Die gemiddelde lewensduur van beskawings wat moontlik kan kommunikeer.

Kritiek op die Drake-vergelyking was hoofsaaklik dat dit op gissings berus; dus kan dit nie gebruik word om tot enige werklike gevolgtrekking te kom nie. Die vergelyking was egter nie bedoel as wetenskaplike feite nie, maar as ’n manier om dialoog oor hierdie onderwerpe aan te wakker. Dan val die fokus op hoe om dit eksperimenteel op te volg. Drake het juis die vergelyking geformuleer as ’n besprekingsagenda op ’n ruimtekonferensie.

Drake het die vergelyking gebruik om te skat dat daar sowat 10 000 planete in die Melkweg is wat intelligente lewe bevat met die moontlike vermoe om met die Aarde te kommunikeer.

Gebaseer op waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop, is daar minstens 125 miljard sterrestelsels in die waarneembare heelal. Daar word geskat minstens 10% van alle sonagtige sterre het planete, en dus is daar 6.25×10 18 sterre met planete in die waarneembare heelal. As ’n mens aanneem net een uit elke miljard sterre het planete met lewe, sal daar 6.25×10 9 6.25 miljard planeetstelsels in die waarneembare heelal wees wat lewe kan onderhou.

Die oenskynlike weerspreking tussen die hoe skattings van planete wat lewe kan onderhou en die gebrek aan bewyse daarvoor of kontak met hulle, staan bekend as die Fermi-paradoks.

                                     

6.1. Kulturele impak Antieke en Middeleeuse idees

In antieke tye is algemeen aanvaar die kosmos bestaan uit "baie wêrelde" wat deur intelligente, niemenslike lewensvorme bewoon word, maar hierdie "wêrelde" was mitologies van aard en nie geskoei op die heliosentriese begrip van die Sonnestelsel of die idee dat die Son net een van baie sterre is nie. ’n Voorbeeld is die 14 Loka van die Hindoe-kosmologie of die Nege Wêrelde van die Oud-Noorse mitologie.

Die Son en Maan is dikwels beskou as bewoonde wêrelde in so ’n konteks, of as die voertuie strydwaens of bote van die gode, soos dié van die songod Ra in die Egiptiese mitologie.

Boeddhiste- en Hindoe-oortuigings van eindeloos herhalende siklusse van die lewe wat "Samsara" genoem is, het gelei tot beskrywings van veelvoudige wêrelde en die geloof dat daar baie heelalle is.

Volgens die Joodse Talmoed is daar minstens 18 000 ander wêrelde, maar min inligting word verskaf oor die aard daarvan en of hulle fisiek of spiritueel is. In die 18de eeu is geglo buiteaardse wesens bestaan en dat van hulle intelligent is, asook dat hulle sal verskil van mense "net soos wat seediere verskil van landdiere".

Toe die Christendom deur die Weste versprei, is die Ptolemeïese oortuiging van geosentriese kosmologie dat die Aarde die middelpunt van die heelal is, wyd aanvaar en hoewel die kerk nooit ’n amptelike verklaring oor die kwessie van buiteaardse lewe uitgereik het nie, was die oortuiging dat dit ’n dwaalleer is. In 1277 het die biskop van Parys wel gesê God "kon" meer as een wêreld geskep het vanwee sy almag. Oortuigings dat buiteaardse lewe bestaan, was egter skaars.

                                     

6.2. Kulturele impak Vroegmoderne tydperk

Denkrigtings het verander met die uitvinding van teleskope en die Koperniese aanslag op geosentriese kosmologie. Toe dit eers duidelik word die Aarde is net een van tallose hemelliggame in die heelal, het die teorie van buiteaardse lewe ’n onderwerp van bespreking in die wetenskapgemeenskap geword. Die bekendste vroegmoderne voorstander van sulke idees was die Italiaanse filosoof Giordano Bruno, wat in die 16de eeu gemeen het daar is ’n oneindige heelal waarin elke ster deur sy eie planeetstelsel omring word. Hy het geskryf die ander wêrelde "het nie minder deug of ’n ander aard as ons Aarde nie" en dat dit nes die Aarde "diere en bewoners bevat".

In Barok-letterkunde soos Die State en Ryke van die Maan deur Cyrano de Bergerac, is buiteaardse beskawings uitgebeeld as humoristiese of ironiese parodiee op die Aardse lewe.

Die moontlikheid van buiteaardse lewe het ’n onderwerp van gissings gebly namate wetenskaplike ontdekkings toegeneem het. William Herschel, die ontdekker van Uranus, was een van die sterrekundiges van die 18de en 19de eeu wat oortuig daarvan was dat die Sonnestelsel, en dalk ander sterrestelsels, wel buiteaarde lewe het. Ander bekendes uit dié tyd wat met hom saamgestem het, sluit in Immanuel Kant en Benjamin Franklin. Tydens die hoogtepunt van die Verligting is selfs die Son en Maan beskou as kandidate vir buiteaardse lewe.

                                     

6.3. Kulturele impak 19de eeu

Bespiegelings oor lewe op Mars het in die laat 19de eeu toegeneem ná die teleskopiese waarneming deur sommige mense van oenskynlike Mars-kanale – iets wat later optiese illusies blyk te gewees het. Desondanks het die Amerikaanse sterrekundige Percival Lowell in 1895 sy boek Mars gepubliseer, gevolg deur Mars and its Canals in 1906, waarin hy voorstel die kanale is die werk van ’n uitgestorwe beskawing. Dit het daartoe gelei dat die Britse skrywer H.G. Wells The War of the Worlds in 1897 geskryf het, waarin hy vertel van ’n inval van die Aarde deur Mars-bewoners wat vlug weens die planeet se opdroging.

Spektroskopiese ontledings van Mars het in 1894 in alle erns begin nadat die Amerikaanse sterrekundige William Wallace Campbell bewys het Mars se atmosfeer bevat nie water of suurstof nie. Teen 1909 het beter teleskope en die beste posisie van Mars sedert 1877 ’n besliste einde gebring aan die kanaalhipotese.

Wetenskapsfiksie het in die laat 19de eeu ontwikkel, hoewel dit nie toe so genoem is nie. Jules Verne se Around the Moon 1870 het ’n bespreking bevat oor die moontlikheid van lewe op die Maan, maar met die slotsom dat dit verlate is. Stories met buiteaardse wesens word onder meer gevind in Garrett P. Serviss se Edisons Conquest of Mars 1897. The War of the Worlds deur H.G. Wells is in 1898 gepubliseer en hierna het die idee van die verowering van die Aarde deur Mars-bewoners in die 20ste-eeuse popkultuur posgevat.

                                     

6.4. Kulturele impak 20ste eeu

In 1938 was daar ’n opskudding oor ’n radiodrama-weergawe van Wells se roman oor die Amerikaanse CBS-radionetwerk omdat dit glo by baie mense die indruk gewek het dat ’n werklike inval deur Mars-bewoners plaasvind.

Ná die Roswell-voorval in 1947 het VVV-teoriee oor die teenwoordigheid van buiteaardse wesens ’n algemene verskynsel in Amerika geword in die laat 1940s en tydens die begin van die ruimte-eeu in die 1950s, en daar was ’n groot toename in VVV-waarnemings. Die term VVV self het in 1952 ontstaan toe die idee van "vlieende pierings" gewild geword het.

Die oortuiging dat feitlik alle hemelliggame bewoon word, is getemper toe satelliete in die middel van die 20ste eeu ander liggame in die Sonnestelsel begin besoek, en teen die 1970s het die geloof in VVVs deel geword van randkulture wat verbind is met die paranormale, New Age-beweging ens. ’n Paar VVV-godsdienste het in die 1950s en 1970s ontstaan en van hulle, soos Scientologie in 1953 gestig en Raelisme in 1974 gestig, is steeds aktief.

Aan die wetenskaplike front is die moontlikheid van lewe op die Maan in die 1960s finaal die nekslag toegedien en in die 1970s het dit duidelik geword die meeste ander hemelligame in die Sonnestelsel huisves nie hoogs ontwikkelde lewe nie, hoewel die vraag of daar primitiewe lewe is, steeds relevant is. In die 1980s het Carl Sagan, Bruce Murray en Louis Friedman die Amerikaanse Planetary Society gestig, deels as ’n werktuig vir SETI-ondersoeke, en sedert die 1990s duur ’n soeke na radioseine uit die ruimte voort.

                                     

6.5. Kulturele impak Onlangse geskiedenis

Die onvermoe van die SETI-program om ná dekades intelligente radioseine op te spoor het minstens gedeeltelik ’n demper geplaas op die optimisme van die begin van die ruimte-eeu. SETI is egter nie ’n aaneenlopende soektog na uitsluitlik radioseine nie; dit gebruik die bronne en mannekrag wat dit kan wanneer dit kan. Die program soek ook op ’n gegewe tyd na ’n beperkte reeks frekwensies.

In 2000 het die geoloog en paleontoloog Peter Ward en die astrobioloog Donald Brownlee ’n boek gepubliseer met die naam Rare Earth: Why Complex Life is Uncommon in the Universe. Daarin bespreek hulle die Seldsame Aarde-hipotese en beweer hulle aardagtige lewe is seldsaam in die heelal, terwyl mikrobiese lewe algemeen voorkom. Ward en Brownlee erken daar kan evolusie op ander planete voorkom wat nie gebaseer is op lewensnoodsaaklike aardse eienskappe soos DNS en koolstof nie. Die moontlikheid van mikrobiese lewe in die ruimte is nie so omstrede onder wetenskaplikes nie, maar daar is nog geen direkte bewyse gevind dat dit wel bestaan nie. Daar is wel indirekte bewyse vir die bestaan van primitiewe lewe op Mars, maar die gevolgtrekkings wat van sulke bewyse afgelei moet word, is omstrede.

Die teoretiese fisikus Stephen Hawking het in 2010 gemaan dat die mens nie buiteaardese wesens moet probeer kontak nie. Hy het gewaarsku sulke wesens kan die Aarde plunder vir lewensbronne. Hy het gesê dit kan wees soos toe Columbus in Amerika geland het, wat tot nadeel gestrek het van die inheemse volke. Wetenskaplikes by Nasa en die Penn-staatsuniversiteit het in April 2011 ’n artikel gepubliseer waarin hulle die vraag behandel: Sal kontak met buiteaardse wesens voordelig of nadelig vir die mens wees? Daarin word positiewe, negatiewe en neutrale scenarios bespreek.

Op 17 April 2014 is die ontdekking aangekondig van die aardgrootte-eksoplaneet Kepler-186f, sowat 500 ligjare van die Aarde af. Dit is die eerste planeet met min of meer dieselfde radius as die Aarde wat in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is en daar is ’n hipotese dat water op sy oppervlak voorkom.

                                     

7. Eksterne skakels

  • Minerals and the Origins of Life Robert Hazen, Nasa.
  • Extraterrestrial Intelligence in the Solar System: Resolving the Fermi Paradox deur Robert A. Freitas jr.
  • PBS: Life Beyond Earth ’n rolprent deur Timothy Ferris
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  • PBS: Exploring Space – The Quest for Life deur Scott Pearson
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Buiteaardse wesens.
  • "Is it true that there could be intelligent life out there?". physics.org. Besoek op 2 November 2012.
  • Top stars picked in alien search, van BBC News
                                     
  • oënskynlike teenstelling tussen hoë ramings van die moontlike bestaan van buiteaardse beskawings en die mens se onvermoë om met hulle kontak te maak of bewyse
  • oorsprong, evolusie, verspreiding en toekoms van lewe in die heelal: aardse sowel as buiteaardse lewe Dit omsluit die soeke na bewoonbare omgewings in
  • Die lewe is n karaktertrek van voorwerpe wat kan groei, voortplant en aanpas by hul omgewing, onderskei van dié wat dit nie kan doen nie óf weens die
  • n geïllustreerde boodskap ingeval die ruimtetuie deur intelligente buiteaardse lewe onderskep word. Hulle wys die naakte figure van n man en vrou asook
  • vloeibare water op die oppervlak, en dus lewe kan voorkom het die belangstelling in die soeke na buiteaardse lewe verhoog. Die soeke na eksoplanete sluit
  • deur n span onder leiding van Carl Sagan ontwerp in n poging om met buiteaardse lewe waarmee die tuig moontlik in aanraking kan kom, te kommunikeer. Op
  • gekies is om die verskeidenheid van lewe en kulture op Aarde uit te beeld en is bedoel vir intelligente buiteaardse wesens, of vir toekomstige mense. Die
  • egter die bekendste vir sy bydraes tot die wetenskaplike navorsing van buiteaardse lewe insluitende die eksperimentele demonstrasie van die vervaardiging
  • Nogtans is Gliese 581 c n uiters geskikte voorwerp vir navorsing oor buiteaardse lewe Die planeet is met behulp van die HARPS - spektrometer in La Silla ontdek
  • sterftes, regeringsaktiwiteite, nuwe tegnologieë, terrorisme en vrae oor buiteaardse lewe in. Voorbeelde van die langste en mees erkende samesweringsteorieë

Users also searched:

...