Back

ⓘ Bougainvillea




Bougainvillea
                                     

ⓘ Bougainvillea

Bougainvillea is ’n genus doringagtige, ornamentele rankplante, bosse en bome met blomagtige veerblare naby sy blomme. Verskillende kenners erken van vier tot 18 spesies in die genus. Hulle is inheemse plante van Suid-Amerika, van Brasilie wes tot in Peru en suid tot in Suid-Argentinie. Die plant is in verskillende lande ook onder verskeie ander name bekend.

Die rankspesies reik oor ander plante met hul stekerige dorings. Aan die punte van die dorings kom ’n swart, wasagtige stof voor. Die plante is immergroen waar reenval deur die jaar voorkom of bladwisselend as daar ’n droe seisoen is. Die blare is 4 tot 13 cm lank en 2 tot 6 cm breed. Die eintlike blom van die plant is klein en gewoonlik wit, maar elke tros van drie blomme word omring deur drie tot ses skutblare met die helder kleure wat met die plant verbind word – onder meer pienk, magenta, pers, rooi, oranje, wit en geel.

                                     

1. Eienskappe

Bougainvilleas is gewilde ornamentele plante in die meeste streke met ’n warm klimaat, ook in Suid-Afrika. In koeler klimaatstreke word dit as ’n huisplant gebruik. Sy hoe soutweerstand maak dit ’n gewilde plant in kusstreke. Dit kan gesnoei word in ’n sekere vorm, maar word ook gegroei teen heinings en mure, en in potte en hangmandjies. Sy lang, doringagtige takke dra hartvormige blare en massas kleurryke skutblare. Daar is verskeie kultivars beskikbaar, onder meer met dubbele blomme en onreelmatige kleure.

Daar is tans wêreldwyd meer as 300 varieteite. Omdat verskeie hibriede oor verskeie generasies gekruis is, is dit moeilik om hul oorsprong vas te stel. Natuurlike mutasies gebeur oenskynlik spontaan deur die wêreld. Dit het gelei tot verskeie name vir dieselfde kultivar of varieteit en dra by tot die verwarring oor die name van bougainvillea-kultivars.

Slegs twee spesies is in Suid-Afrika van belang: B. glabra en B. spectabilis.

Bougainvilleas groei teen verskillende tempos, na gelang van die varieteit. In streke naby die ewenaar is hulle geneig om heeljaar te blom. Elders is hulle seisoenaal, met blomsiklusse van vier tot ses weke. Bougainvilleas groei die beste in droe grond in baie helder, volle sonlig en met gereelde toevoeging van kunsmis. Hulle het min water nodig as hulle eers gevestig is en sal eintlik nie gedy as hulle te veel water kry nie. Hulle kan oorgeplant word deur middel van jong steggies.

                                     

2. Probleme

Bougainvilleas is oor die algemeen plaagvry, maar wurms, slakke, dopluise, wolluise, rooimyte en meeldou kan voorkom. Die larwes van sekere vlinderspesies eet hulle ook.

Die sap van die Bougainvillea kan ’n ernstige veluitslag veroorsaak.

                                     

3. Eksterne skakels

  • Simon, Eric 2005. Brighten Up Your Life With Bougainvillea. Bougainvillea Flowers International. ISBN 978-983-41883-0-6.
  • Schoelhorn, Richard; Erin Alavrez 2002-10-01. "Warm Climate Production Guidelines for Bougainvillea PDF. Universiteit van Florida/IFAS Extension.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bougainvillea.
  • Wikispecies het meer inligting verwant aan: Bougainvillea
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
                                     
  • 1999 met die Hertzogprys bekroon. Papierblom is n verafrikaansing van bougainvillea en dui ook op die skeppingsproses, waar die digter met sy gedigte as t
  • Bybel en storm by die kerk uit. Buitekant het die figuur agter die bougainvillea pas verdwyn. Peter kuier by Cathy aan huis en hulle bekyk die familiefoto
  • Spesie: Banana streak OL virus Spesie: Banana streak VN virus Spesie: Bougainvillea chlorotic vein banding virus Spesie: Cacao swollen shoot virus Spesie:

Users also searched:

...