Back

ⓘ Hedera




Hedera
                                     

ⓘ Hedera

Hedera, beter bekend as klimop, is ’n genus van 12 tot 15 spesies immergroen rankplante in die familie Araliaceae, wat inheems is aan Wes-, Sentraal- en Suid-Europa, Makaronesie, Noordwes-Afrika en oor Sentraalsuid-Asie oos tot Japan en Taiwan.

                                     

1. Eienskappe

Op die grond is die klimop ’n dekplant wat nie hoer as 5 tot 20 cm hoog word nie. Teen oppervlakke soos mure, bome, en rotse kan hulle rank tot minstens 30 meter bo die grond. Klimoppe kan twee vorms blare hê: gelobde jong blare aan kruipende of klimmende plante en ongelobde, ouer blare aan plante wat in volle sonlig staan en hoog bo die grond uitgroei.

Die blomme is groenerig-geel en het vyf kroonblare. Hulle is ryk aan nektar. Die vrugte is groenerig-swart, donkerpers of soms geel bessies van 5 tot 10 mm breed met een tot vyf sade wat in die laat winter tot middel lente ryp word. Die sade word deur voels versprei.

                                     

2. Spesies

Die verskillende spesies se blare verskil van vorm en grootte, en sommige se vrugte lyk ook anders. Die volgende spesies word algemeen aanvaar; hulle word in twee groepe verdeel, na gelang van of die trigome aan die onderkant van die blare skub- of stervormig is:

  • Hedera canariensis
  • Hedera maroccana
  • Hedera pastuchowii
  • Hedera rhombea
  • Hedera nepalensis
  • Skubvormige trigome
  • Hedera maderensis
  • Hedera iberica
  • Hedera colchica
  • Hedera algeriensis
  • Hedera cypria
  • Hedera hibernica
  • Stervormige trigome
  • Hedera helix
  • Hedera azorica

Die enigste hibried waarby klimoppe betrokke is, is die intergenetiese hibried × Fatshedera lizei, ’n kruising tussen Fatsia japonica en Hedera hibernica. Dit is in 1910 in Frankryk bekend gestel, en is nog nie weer suksesvol herhaal nie; dit word in omloop gehou deur vegetatiewe aseksueel voortplanting.

                                     

3. Probleme

Sommige klimopspesies het indringerplante geword in sekere gebiede soos dele van Noord-Amerika en Australie.

Die bessies is effens giftig vir die mens, maar hulle is baie bitter en vergiftiging kom dus selde voor. Die blare kan ’n allergiese reaksie veroorsaak by sommige mense wat ook vir onder meer wortels allergies is.

Die blare kan dof word as dit te veel sonlig kry en swart van te veel water. Rooimyte, blaaspootjies, plantluise, dopluise en roetskimmel kan voorkom.

                                     

4. Eksterne skakels

  • Hutchison, Peter 14 Mei 2010. "Ivy is good for walls, finds Oxford University study". The Telegraph. Telegraph. Besoek op 13 Maart 2014.
  • Kew plant profiles: Hedera helix
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hedera.
  • Wikispecies het meer inligting verwant aan: Hedera
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia